Bellville gaan maan toe

Bellville klub se sekretaresse, Ilana Fourie, was onlangs vir 'n klein rukkie met die maan gepla. Dit was na aanleiding van 'n artikel wat sy in Die Burger gelees het van NASA se jongste reis na die maan aan die einde van die jaar.

Hierdie onbemande missie na die maan is weer die eerste in jare en is die voorloper vir 'n bemande reis oor 'n paar jaar. Daar sal gesoek word na moontlike landingsplekke en maanbronne.

Ilana het gedink dit sal 'n goeie idee wees indien die klub saamgaan maan toe, al is dit dan nou net in naam. Sy het gesorg dat die klub se naam op 'n mikroskyfie kom wat die LRO-ontdekkingstuig sal saamneem maan toe.

As deelnemer aan die projek het die klub 'n genommerde sertifikaat ontvang. Ilana het belowe om die sertifikaat ’n plek te gee in die klubhuis.