Die wiele is aan die rol vir Bellville Klub se gewilde, jaarlikse gholfdag op 12 September. Dit word gereken as een van dié beste gholfdae om in te speel. Die sukses hiervan hang af van die bereidwilligheid van borge om die putjies te borg. Die koste beloop slegs R1 500 per putjie (vir die bof en setperk). Dit sluit in vier spelers / kliënte van die borg in, 'n prys vir elke speler tydens die prysuitdeling, 'n goodie bag ter waarde van R150 en verversings op die baan. Die klub benodig ook skenkings vir pryse en vir die gewilde goodie bag. Daar word vanjaar weer 'n vol veld van 144 spelers verwag. Persone of maatskappye wat wil borg / speel sal moet gou spring. Kontak die organiseerders Wietsche van der Westhuizen by 083 656 2009 of die bekwame Wilna van der Westhuizen by 072 398 6946.