Bellville Gholfdag 2008

Pieter Carstens

Die Bellville Atletiekklub is trots om vir die agste agtereenvolgende jaar 'n gholfdag aan te bied by die Bellville Gholfklub op 12 September 2008. Hierdie dag word gereken as een van die beste waarde vir geld gholfdae en `n moet om in te speel.

Die kompetisie is in die 4 Ball Betterball Stableford-formaat.

Deelname is R1 000 per span (2 spelers) of skryf twee spanne (4 spelers) in en betaal slegs R1 500.

Die inskrywingsfooi sluit in:
`n Prys vir elke speler tydens die prysuitdeling
`n “Goodie bag” ter waarde van R150-00
Verversings op die baan (Verskeie nat gate)

Kontak Quintus by quintusvr@gmail.com

Maatskappye wat 'n promosie wil aanbied op die dag is ook welkom om ons te kontak.