Quintus van Rensburg
'n Rugbywedstryd het my met twee gekraakte ribbe gelaat, met die gevolg dat ek vanjaar se Nedbank 10 km in Kaapstad teen 'n slakkepas moes voltooi. Wat my toe die idee gee om met 'n kamera te hardloop. Ek het ongelukkig so geskud dat mens meeste van die foto's nie kon gebruik nie, jy raak naar as jy daarna kyk.

(klik op 'n foto om dit te vergroot)
Die Brack op pad raakgeloop. Let op die natuurlike rooi oë. Blykbaar 'n normale verskynsel in Brackenfell. Hierdie genetiese anomalie het glo oor geslagte heen ontwikkel weens 'n aanhoudende laatnag gefuif om braaivleisvure.
Die Australiër (regs) langs die pad leer ken. As patriotiese Suid-Afrikaners was ons verplig om hom bietjie rond te stamp en gekneus in die toilette by Mouille Point te laat.
In die pylvak! Ek vermoed die baba gaan wen.