Bellville Skilpad Run - Niel Joubert


Onthou die Niel Joubert Plaaswedloop en ons jaarlikse Skilpad Run vandag. Dit is wanneer Bellville atlete in 'n groep saam met die agterste klublid in die wedloop draf / stap.

En onthou tog dit is nie net 'n wedloop nie. Dit is die grootste hardlooppartytjie van die jaar. Na afloop van die wedloop is daar 'n Live band met kosstalletjies, 'n biertuin en natuurlik Niel Joubert wyne.

Bring jou hele gesin. Let asseblief daarop dat ondersteuners dalk vanjaar 'n klein toegangsfooi sal betaal. Bring ook 'n handdoek. Baie mense hou daarvan om in die swembad te spring nadat hulle die eindstreep oorgesteek het.

Die wedloop vind plaas om 18h15 op Klein Simonsvlei - Huis van Niel Joubert Wyne.
Jy neem die N1 vanaf Bellville in die rigting van die Paarl en neem afrit 47 (Wellington / Klapmuts / Franschhoek). Draai regs in die rigting van Stellenbosch op die R44. Ry reguit oor die vierrigtingstopstraat en draai links op die R45 (Franschhoek / Simondium). 4,5 km verder is die afdraai na Klein Simonsvlei aan die regterkant. Laat genoeg tyd toe om daar te kom. Dit neem 'n tydjie as gevolg van spitstyd op die N1 en die verkeer op die plaaspad.
Ons kom bymekaar aan die agterkant van die groep by die wegspring.

Ons voorsitter het ongelukkig ander verpligtinge op die dag en daarom word die groep vanjaar gelei deur die dames kaptein Yolande McLoud. Noel Wessels is ons tydhouer wat sal sorg dat ons 5 minute voor die afsnytyd klaarmaak.