Phil Pansegrouw en 50ste bestaansjaar braai

Saterdag die 29ste November vind ons jaarlikse Phil Pansegrouw Gedenkwedloop plaas. Behalwe vir die halfmarathon bied ons ook vanjaar 'n spesiale 5 km Pretloop aan om die klub se 50ste bestaansjaar te vier. Die eerste 300 persone wat die pretloop suksesvol voltooi ontvang 'n spesiale gedenkmedalje.

Ons het die keer baie meer mense nodig om te help met dié wedloop. Indien jy kan help kontak asseblief vir Carlo by 021 976 2818 gedurende kantoorure of stuur jou naam en telefoonnommer na quintusvr@gmail.com .

Dit Marshall Run is die volgende dag, Sondag die 30ste November.

Die is ook vanjaar ons 50ste bestaansjaar! Na afloop van die Phil Pansegrouw Gedenkwedloop, om 11h00, is daar 'n braai saam met die baanatlete om hierdie geleentheid te vier.

Alle lede, ere-lede, oud-lede en hul gesinne word uitgenooi na die BAK Braai. Kaartjies is slegs R20 per persoon, terwyl toegang GRATIS is vir ere-lede. Partytjiegangers moet hul eie glase saambring, bier sal te koop wees asook wyn met spesiale Bellville 50 etikette. T-hemde wat die geleentheid herdenk sal ook beskikbaar wees.

'n Spesiale speelarea met 'n springkasteel en glybaan word ingerig om die kinders besig te hou.

Persone wat NIE familie, lede of voormalige lede is nie is ook welkom, maar hulle kaartjies kos R40. Die klub subsidieer die res van ons se braaipakke.

Die geleentheid gaan ook benut word om geld vir liefdadigheid in te samel. Spanne gaan 'n sekere afstand om die baan aflê. Elke spanlid gaan net een rondte aflê. Daardie een rondte kos jou R5. Diegene wat misbruik maak van die goedkoop bier sal 'n ekstra R5 moet opdok as hulle nie in hulle baan bly nie.

Die kontakpersone is:
Elize Grobbelaar by 084 953 4363 vir kaartjies en T-hemde, bedags na 16h00.
Pieter Carstens by 084 404 4933 vir oud-lede.
Gert Engelbrecht by (021) 938 9582 of 083 655 9632 vir ere-lede.
E-pos navrae kan gerig word aan ilana@chartered.co.za