Na die sukses van die afgelope Niel Joubert was almal dit eens dat ons meer gereeld wedlope in 'n bondel moet aandurf. Veral wedlope wat ons die geleentheid (lees verskoning) bied om te sosialiseer.
Volgende week gaan ons Simonsvlei se wingerde aandurf. Die Simonsvlei 10 km vind op Woensdag 10 Desember plaas om 18h30. Die afsnytyd is twee ure, so ons kan stadiger gaan as tydens die Niel Joubert.
Na afloop van die wedloop kuier ons by Simonsvlei en jy is welkom om 'n vleisie te braai. Diegene met gasbraaiers moet asseblief saambring.
Die Simonvlei Kelder is kort voor die Paarl aan die regterkant van die N1.
Ons kom bymekaar aan die agterkant van die groep by die wegspring.