Doen dit vir jou klub

Die Powerade Liga Uitdaging vir Padwedlope vind weer vanjaar plaas. In die kompetisie word punte toegeken aan klubs op grond van massa deelname aan sekere wedlope. Help jou klub deur deel te neem aan een van die volgende wedlope vanjaar, indien die afstand binne jou vermoƫ is. Onthou, elke persoon wat deelneem beteken ekstra punte vir die klub:

Februarie: Koeberg 15 km
Maart: UCT 10 km
April: Rola Halfmarathon & 10 km
Mei: Plexus Halfmarathon & 10km
Junie: Mamre 15 km
Julie: Elsiesrivier 10 km
Augustus: John Korasie 30 km & Thomas Mbiza 10 km
September: Beachcomber 15 km
Oktober: Old Mutual 10 km
November: Winelands Marathon & Halfmarathon
Desember: Avbob 15 km