Khotso (Godfrey) Mokoena en René Kalmer is aangewys as Suid-Afrikaanse Atlete van die Jaar deur die SA Atletiekstatistici (SAAS) en verskyn op die voor- en agterblad van die 57ste uitgawe van die NWU-Puk SA Atletiekjaarboek, wat pas gepubliseer is.
Die jaarboek, een van die oudste nasionale atletiekjaarboeke ter wêreld, is vergroot tot 240 bladsye en is weer propvol inligting oor alles wat in 2008 op die atletiektoneel in Suid-Afrika en die res van die wêreld gebeur het.
Soos gewoonlik bevat dit die beste vertonings deur Suid-Afrikaanse senior, junior, jeugatlete en padhardlopers in 2008, asook die beste vertonings van alle tye; die Heldegalery van die beste van die beste in die geskiedenis van SA atletiek; SA en alle belangrike internasionale rekords; uitslae van die belangrikste plaaslike en internasionale byeenkomste; kleurfoto’s van Suid-Afrika se topatlete; en baie meer.
Die 2009-uitgawe het ook ‘n artikel oor Suid-Afrika se vertonings by die Olimpiese Spele in Beijing, een oor die opwindende middelafstandatleet Juan van Deventer, en nog een oor die Paralimpiese ster Oscar Pistorius.
Danksy sy silwermedalje in die verspring by die Olimpiese Spele en goue medalje by die Wêreld-binnenshuise Kampioenskappe was Mokoena die oorweldigende keuse as die SAAS Mansatleet van die Jaar vir 2008.
Onder die vroue het Kalmer groot veggees getoon om vir Beijing te kwalifiseer deur ‘n persoonlike beste tyd van 4:06.71 vir die 1500 m te hardloop en dit, tesame met haar veelsydigheid en oorheersing van die pad- en veldlooptoneel, het bygedra om haar die titel van Vroueatleet van die Jaar te besorg. Vroeër in die jaar het sy ook op indrukwekkende wyse haar titels in die 1500 m en 5000 m by die nasionale kampioenskappe verdedig.
Vir die eerste keer is ‘n toekenning vir Afrigter van die Jaar ook gemaak, en dit gaan aan Gerrie Coetzee, afrigter van Van Deventer en Kalmer.
Die redakteur van die jaarboek is Riël Hauman. Gert le Roux, Suid-Afrika se voorste statistikus, was vir die 50ste agtereenvolgende keer betrokke by die jaarboek – ‘n wonderlike tydperk van toegewydheid tot die sport.
Eksemplare kan teen R70 bestel word van Naomi Beinart per e-pos (naomirsa@hotmail.com), of per pos van Posbus 791, Seepunt 8060 (tel. 021 434-9273), of van Gert le Roux per e-pos (gler@mweb.co.za), of van Posbus 688, BelaBela (Warmbad) 0480.
Betalings kan gedeponeer word in die SAAS-bankrekening (1602-1026-19) by Nedbank, Hillcrest-tak, Pretoria (kode 160-245) en bewys van betaling moet per e-pos aan enige van bogenoemde adresse gestuur word of gefaks word na 014 736-6206. Volledige posbesonderhede moet verstrek word.