Sop en Sjerrie

Slaan oop julle dagboeke en skryf "Sop en Sjerrie" by die 25ste Julie. Ons het reeds die Laerskool Bellville-Noord se saal bespreek vir die geleentheid. Dit is 'n ligte ete (sop) met 'n dans. Die toegangsfooi sal baie billik wees en almal is welkom, dit beteken jy kan jou vriende ook saambring.

Die finale besonderhede sal in volgende maand se nuusbrief wees.