'n Bullopie

Die onlangse Darling Halfmarathon het 'n onverwagse nadraai gehad. Deelnemers was nog besig om die vars lug in te asem en die omgewing te geniet toe hulle skielik besef hulle is nie meer alleen nie. Daardie vars reuk van plaasmis was toe al die tyd baie varser as wat aanvanklik vermoed is. 'n Bul het uit die niet verskyn en verskeie deelnemers die hasepad laat kies, verskeie PB's is die dag opgestel

ps. Dit is 'n infame leuen dat Dominee Johan, met aanskoue van die bul, hom uit die voete gemaak het en sekere vrou/e aan hul lot oorgelaat het. :-)

ps. ps. Niemand weet wat die bul se tyd vir die dag was nie.