Volle name: Theo Benkenstein
Ouderdomsgroep: 60 - 70
Beroep: Internis
Aantal jare by klub: 24
Hoe lank hardloop jy al: Sedert 1985
Kilometers per week (tans - Augustus 2009): 40 - 60
Gunsteling wedloop: Twee Oseane Halfmarathon
Gunstelinge hardloopskoene: Nike Pegasus & New Balance
Doelwitte vir 2009 (enige iets): Om elke jaar die Twee Oseane Half te doen.
Ander belangstellings: Bome, Natuurtuine, bergklim en fotografie
Gunsteling musiek: Kerkmusiek en kore
Laaste fliek gesien: Mamma Mia
Laaste boek gelees: Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis
Ek eet graag: Beesstertpotjie, vis, skaapboud en braaiaartappels
Ek drink graag: Rooiwyn
Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Fotografie, lees en skryf briewe
Wat weet bitter min mense van jou: Dat ek 'n lekker mengsel is van Duitse bloed van my pa en 'n Hollandse ma. Ons kan lekker bedonderd raak, maar soos professor Chris Barnard altyd gesê het, dat ten spyte van my slegte eienskappe is ek "tog nogal 'n nice ou".
Vir jare was ek die redakteur van die BAK nuusbrief. In daardie jare het ek ál die atlete van die klub persoonlik geken.
Al wat oor is van destyds is ek en die gawe Francois Kellerman. En wie het my laat begin draf? Die einste nimlike Francois Kellerman.
My heel eerste drafmaats was Francois Kellerman en Pieter Brand. My gereelde oefenmaats oor baie jare nou is "The Big Five", die uwe, Arrie van der Schyf, Robbie Truter, Gert Swanepoel en Louis Fourie.
My persoonlike mylpale sluit in:
- Permanente nommer 12 vir die Medical Ten Wedloop - 22 voltooi sedert 1984.
- Permanente nommer 254 vir die Safari Halfmarathon - 18 voltooi.
- Op pad na my nommer 10 vir die Twee Oseane Halfmarathon - nog twee oor.
- 'n Sub 10 ure Comrades in 1988.
- In Israel om die See van Galilea gedraf saam met Ds. Francois Swart.