Bellville verloor binnekort sy atleet van die jaar en een van die klub se groot geeste.
Ons wens Koos van Niekerk net die beste toe vir die toekoms.
Hallo Voorsitter BAK en Bestuur
Met gemengde gevoelens moet ek my bedanking by die BAK (Beste Atletiek Klub) indien. As alles volgens plan verloop neem ek en Mart volgende jaar ons intrek in Kenhardt. Ek sal dan in ander klubklere (vir die eerste keer in my lewe) moet hardloop en ook in die Noordkaap Provinsie. Dis met spyt dat ek afskeid neem van al die klublede, mense wat saamgehardloop het by vele wedlope en veral die Kango en enkele kere die Grote in Natal.
Ek is baie trots om deel te kon wees van die BAK kultuur van terg, meeding, grappe maak en ernstig oefen. Die lief en leed wat ons gedeel het, was uiters verrykend, Dankie vir die vriendskap van die afgelope 21 jaar. Die manier waarop die klub deur verskillende voorsitters, besture en tye begelei is, is iets waarop almal baie trots kan wees. Vir die wat altyd meer as jul gewig gedra het, 'n grooooot dankie.
Ons kontrak in Kenhardt is vir twee jaar. Waarnatoe ons dan sal beweeg, is iets vir 'n opwindende toekoms om te bepaal. BAK sal egter altyd deel wees van ons lewe en ek sal altyd onthou "Come to Bellville ..."
Met die beste wense en hartlike groete vir die volgende jare.
Koos van Niekerk
Ons wens Koos van Niekerk net die beste toe vir die toekoms.