Ouderdomsgroep: VeteraanBeroep: Projekbestuur toerisme ontwikkeling en mentorskap programme
Aantal jare by klub: 12 jaar
Hoe lank hardloop jy al: Het in 1994 begin stap by Run-Walk- For Life in Northcliff, Johannesburg en het in 1996 begin draf aangesien baie van die wedlope se afsnytye in daardie dae nie haalbaar vir 'n stapper was nie.
Kilometers per week (tans - Januarie 2010): 35 km
Gunsteling wedloop: Two Oceans Ultra en Half
Gunstelinge hardloopskoene: Brooks
Doelwitte vir 2010 (enige iets): Gewig verloor en om Argus fietstoer binne afsnytyd te voltooi.
Ander belangstellings: Fliek, lees, swem, dans en fietsry (net Argus tyd: Jan - Maart)
Gunsteling musiek: Neil Diamond, Bryan Adams, Westlife, 80's musiek.
Laaste fliek gesien: Julie & Julia
Laaste boek gelees: Stilteyd - Marita vd Vyfer
Ek eet graag: Pannekoek met spinasie en feta vulsel of groente vulsel
Ek drink graag: Koffie, water, lemoensap en Tab
Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Spandeer tyd saam met my man en kinders. Die kinders se skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite hou ons baie besig.
Wat weet bitter min mense van jou: Dat daar klere in my kas is wat my man van 19 jaar my nog nooit in gesien het nie ... eendag sal dit weer pas!