Marize Edwards

Ouderdomsgroep: Grootmeester (‘n wyse om ‘oud’ sagkens uit te druk)

Beroep: Lektrise (Rekeningkunde: CTI en UNISA)

Aantal jare by klub: 4 jaar (voel baie langer)

Hoe lank hardloop jy al: Soos baie mense eers net gestap - vanaf 1981 - eers alleen en daarna die wedlope soos die Blisters for Bread en die Safari en so het die wedlope meer en meer geword. Baie wedlope se afsnytye was egter so streng dat dit ‘n drafstappie genoodsaak het. So sedert 2006 is daardie unieke drafstappie by elke moontlike wedloop.

Kilometers per week (tans - Februarie 2010): So ongeveer 24 km (maar ‘n droë maand).

Gunsteling wedloop: Was altyd die Landmarks totdat ek vier vingers op Swellendam gebreek het.

Gunstelinge hardloopskoene: Asics Gel-Nimbus (nooit ‘n enkele blaas nie)

Doelwitte vir 2010 (enige iets): Wedloopgewys: Om steeds soveel wedlope as moontlik in ‘n jaar te kan doen sonder om beseer te word.

Persoonlike lewe: Om al my ma se meubels in my huis ingepas te kry.

Ander belangstellings: Tuin- en houtsneewerk. ‘n Redelike onlangse belangstelling - om eie Bonsai’s te kweek.

Gunsteling musiek: Gospel

Laaste fliek gesien: Was seker 10 jaar laas in ‘n fliek.

Laaste boek gelees: Detective deur Arthur Hailey

Ek eet graag: Slaai en slaai en slaai in die somer of sop en sop en sop in die winter.

Ek drink graag: Tee wanneer ek moet en witwyn wanneer ek kan.

Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Sorg dat ek buite is:
Werk in die tuin, maak swembad skoon, verf of doen enigiets buite solank ek net nie binne-in my huis hoef te wees nie. Sal selfs eerder die bure se tuin versorg as om binne te vee en af te stof. Ek is ‘n ‘garden boy’, nie ‘n ‘char’ nie.

Wat weet bitter min mense van jou: Eerstens dat ek dink dat ‘n skottelgoedwasser die wonderlikste uitvindsel van alle tye is en tweedens en meer belangrik: hoe uiters sentimenteel ek is. So BAK julle sit met my vir altyd!