Brooks Atleet van die Maand

Brooks en Gu gaan beurtelings pryse borg elke maand vir 'n Atleet van die Maand.

Let asseblief daarop dat ALLE lede van die Bellville Padwedloopklub in aanmerking kom vir hierdie prys. Prestasies word nie noodwendig net vergelyk met die van ander atlete nie, persoonlike beste tye en prestasies kom ook in aanmerking. Die bestuurskomitee besluit oor wie die maandelikse toekenning ontvang.