
Ouderdomsgroep: Meester
Beroep: Lektor by "University of the Western Cape". Ons probeer goeie tandartse van jongmense maak.
Aantal jare by klub: 10 jaar
Hoe lank hardloop jy al: Ek hardloop al my lewe lank agter allerhande dinge aan. Maar kompeterend, in klubverband - 10 jaar.
Kilometers per week (tans - Mei 2010): Ons "taper" al - tans so 70 km
Gunsteling wedloop: Moeilike keuse; daar is so baie. Maar ek sou "Die Voet van Afrika" en die "Puffer" kies ("offroad").
Gunstelinge hardloopskoene: New Balance (die 75-- reeks) vir die teerpad en Solomon's vir die ander paaie.
Doelwitte vir 2010 (enige iets): Om alles wat ek doen en waaraan ek deelneem te geniet. My gesin gelukkig te hou.
ps. Ek sou darem baie graag die "Puffer" onder 10 ure wil klaarmaak.
Ander belangstellings: Mal oor die buitelewe - bosveld, Karoo, see, berge, natuurbewaring. Potjie gholf (want dis buite).
Gunsteling musiek: Klassiek, jazz, goeie Afrikaanse musiek. Maar ek hou veral van die musiek van indiwidue soos Mark Knopfler en Sting.
Laaste fliek gesien: Blind Side (Fliekhuis) en Julie and Julia
(DVD-huisfliek)
Laaste boek gelees: Lees gewoonlik 'n paar boeke tegelyk (Ek is hiperaktief en aandagafleibaar "ADS"). Nou net klaar met Norrevok van Johan Bakkes en Everest - Surviving the death zone van Ronnie Muhl.
Ek eet graag: enige lekker kos. Is nie "fussy" nie. Moet sê ek hou nogal van kerrie-geregte. Dan kan ek 'n koue bier saam geniet of 'n glas yskoue gewurtztraminer.
Ek drink graag: goeie BIER en goeie WYN (ek versamel rooiwyn maar drink die wittes) Andersins 'n lekker koppie koffie.
Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Rus. Werskaf maar in en om die huis en hou van rondloop en plekke verken. As ek eendag groot is wil ek meer tyd op die gholfbaan deurbring.
Wat weet bitter min mense van jou: Ek is gereïnkarneer van 'n stormram.