Bellville vroue blink uit

Ons klub se top vroue lewer tans een van hul beste vertonings in jare. Hulle het behoorlik kleim afgesteek op WP se lys van top atlete wat onlangs verskyn het.

In die afdeling vir senior vrouens beklee Elsiré Roos die 6de plek in die 15 km met ’n tyd van 60:21. Elsiré is ook op die halfmarathon-lys in die 18de plek met ’n tyd van 91:53.

Marietha Herbert is nommer 1 (een) op die WP se Grootmeester-lys vir die 10 km met 'n tyd van 47:28. Op die 15 km-lys is sy in die 2de plek met 75:35 en in die 3de plek in die halfmarathon met 1:50:09.

Courtney Groener se prestasies in die 10 km besorg aan haar die 30ste posisie op Junior 10 km-lys met 54:30. Twee nuwelinge op die WP halfmarathon-lys is die juniors Angelica Palmer in die 6de plek met 2:27:48 en Wilandi van der Westhuizen in die 9de plek met 2:33:11.