Atleet van die maand vir Augustus is Bellville se eie hemelbesem / busdrywer - Hamilton Murray.Hamilton (beter bekend as Hilton) staan bo almal uit in Augustus vir sy 2:21:53 in die veteraanafdeling van die John Korasie 30 km.
Hilton het in September wéér 'n suksesvolle Ultra-bus bestuur tydens die Karoo 80 km; dit nadat hy vroeër vanjaar ook die Bellville-bus tydens die Comrades huis toe gebring het.