Glouda Smal

Volle name: Are you kidding me!

Ouderdomsgroep: Senior

Beroep: Eie besigheid / klubkomitee lid

Aantal jare by klub: 3 jaar. Voel langer ...

Hoe lank hardloop jy al: Vandat ek kan onthou, het langs die baan grootgeword (grootgeword in Suidwes, was nie veel anders om te doen nie).

Kilometers per week (tans - Augustus 2010): Oefen vir landloop (4km) en die Karoo marathon (80km), so dis 'n mengelmoes van baan en spoedwerk, met twee long runs 'n week.

Gunsteling wedloop: Two Oceans en die Hout Bay Trail Challenge.

Gunstelinge hardloopskoene: Wat ook al op special is! (ons is 2 atlete in die huis)

Doelwitte vir 2010 (enige iets): Almal wat my ken weet wat dit is ... en ons gaan September toer deur Botswana en Namibiƫ tot by die Victoria Valle.

Ander belangstellings: Buitelewe, kamp, hiking, toer, trail running, lees en sommer als wat pret en avontuurlustig is.

Gunsteling musiek: Ek love musiek, behalwe jazzzzzzzz.

Laaste fliek gesien: Shutter Island

Laaste boek gelees: Unlocking the Bible

Ek eet graag: ALS!

Ek drink graag: Appeltizer (koeldrank) en Amarula (drank) (dankie Frik)

Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Gaan of kamp, of plaas toe, entertain vriende ... ons is altyd besig met iets of op pad iewers heen.

Wat weet bitter min mense van jou: Ek het op die ouderdom van 17 'n PB op 'n 56km ultra marathon - 3:42 - het die Visrivier Marathon in Suidwes drie jaar in 'n ry gewen, was twee jaar Namibiƫ se sportvrou van die jaar - many many moons ago - en ek is eintlik stil!