2010 Afsluiting & Prysuitdeling

Ons sluit 2010 af met erkenning aan die wat presteer het, ter viering van die voorreg om te kan hardloop en sommer net as verskoning vir ’n partytjie.

Die jaareindfunksie is eerskomende Saterdag, 6 November, by die Laerskool Bellville-Noord, Van der Stelstraat, Oakdale om 19h00 vir 19h30. Die aand sal bestaan uit die prysuitdeling, ’n ete en ’n dans.

Almal is welkom. Klublede is welkom om kaartjies aan hul vriende te verkoop.

Kaartjies kan by komiteelede gekoop word en moet vooraf bespreek word. Die kaartjies is R85 vir volwassenes, R50 vir kinders bo 12 en R25 vir kinders onder 12. Kaartjies kan ook bespreek word by bellvilleac@gmail.com.

Eie drinkgoed en glase moet asseblief saamgebring word.