Runner of the Month: November 2010 - January 2011

Ons wys elke maand ’n atleet van die maand aan. Hierdie persone ontvang ’n prys as aansporing. Om in aanmerking te kom vir die titel moet jy jou eie persoonlike prestasie te verbeter of iets uitsonderlik vir die klub doen. Pryse vir die Atleet van die maand word tans geborg deur GU.
Die afgelope paar maande se wenners was:
  • November 2010: Corné Janse van Rensburg vir sy Realtors halfmarathon van 1:25:11
  • Desember 2010: Elliot Tye vir sy Runner's Memorial 8 km van 28:45
  • Januarie: Elliot Tye vir sy Kloofnek halfmarathon van 1:26:23