Wilandi van der Westhuizen

Volle name: Wilandi van der Westhuizen

Ouderdomsgroep: Junior

Beroep: Ek is nog in Hoërskool, haha ... maar ek beplan om kuns te gaan swot by Stellenbosch.

Aantal jare by klub: uhm...3?

Hoe lank hardloop jy al: Hierdie jaar is die 3de jaar wat ek 21km wedlope doen, maar doen al van kleins af 5km ... (met my pa is dit moeilik om dit nie te doen nie ... lol, hardloop is deel van hoe ons grootgeword het).

Kilometers per week (tans): Hahaha ... asof ek ooit oefen. Seker so tussen 5 en 10km? (tel wedlope?)

Gunsteling wedloop: Knysna Half Marathon

Gunstelinge hardloopskoene: New Balance

Doelwitte vir 2011 (enige iets): Ek wil sport erekleure kry by die skool, deur onder die eerste 5 junior meisies vir 21km in WP te wees.

Ander belangstellings: KUNS! En ek luister graag musiek en ek is mal daaroor om enige lekkernye te maak soos brownies en soetkoekies. Hehe, dit hou net nooit lank in ons huis nie ...

Gunsteling musiek: Three Days Grace, Goo Goo dolls en Roxette op die oomblik. Dit verander permanent maar oor die algemeen hou ek van enige pop-rockerige goed. En dansmusiek.

Laaste fliek gesien: By die fliek was dit Eat. Pray. Love., maar op DVD was dit The Back-up Plan.

Laaste boek gelees: The Masque of the Red Death van Edgar Allan Poe. Dit is 'n bundel met kortverhale.

Ek eet graag: Sushi en chocolate ... maar ek het dit nog nie saam probeer nie. Hmmm ...

Ek drink graag: Creme Soda en Sjokolade hasie melk.

Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Wel, behalwe vir die feit dat ek MOET skool toe gaan, hou ek van teken en mal wees saam met my twee beste maatjies (Slaki en Aids) en my sussie. =)

Wat weet bitter min mense van jou: Jy weet Truworths? Hulle het so 'n afdeling met oulike raampies, kerse en kussings, sommer net huis-goed oor die algemeen? Wel, ek het hierdie behoefte om dit altyd vir hulle te wil regpak en simmetries te organiseer ... CALL ME CRAZY ... hahaha. Ek is seker so 'n bietjie aan die weird kant ...