Corné Janse van Rensburg

Volle name: Corné Janse van Rensburg

Ouderdomsgroep: Senior (21)

Beroep: Printer's electrician (apprenticeship)

Aantal jare by klub: 1,5 jaar

Hoe lank hardloop jy al: Van laerskool af.

Kilometers per week (tans): So naby 80 km as die week goed gaan, maar na die Two Oceans is dit bietjie minder en stadige kilos, daar is te min ure in my dae.

Gunsteling wedloop: Safari Half Maraton en die Dan Luyt, maar sal graag die Knysna Marathon wil doen.

Gunstelinge hardloopskoene: Asics

Doelwitte vir 2011 (enige iets): Dis my 1ste jaar van lang kilos en ek sal besonder gelukkig wees met ’n Comrades silwer.

Ander belangstellings: Motors en alles te doen met boys-toys.

Gunsteling musiek: Enige trance musiek, dit hou my rustig of dit kan my crazy laat dans.

Laaste fliek gesien: Fast & Furious 5

Laaste boek gelees: Hou nie baie daarvan nie.

Ek eet graag: Pizza, hake & chips en soetgoed :-P

Ek drink graag: Enige iets van Smoothy tot Sterry-Stumpie, gemmerbier en af en toe ’n soet rum.

Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Ek ry graag rond, window shopping, kamp en kuier by vriende.

Wat weet bitter min mense van jou: Daar is seker ’n rede hoekom min mense daarvan weet. Ek is maar oor die algemeen stil, want as ek moes skinder van wat ek alles weet sou ek al opgesluit gewees het.

Ek glo aan “where there’s a will, there’s a way” en almal mag eendag ’n droom bewaarheid.