Dudley Hulbert oorlede

Hi al my Buddies,

Dis met groot hartseer dat ek net vir julle laat weet dat Dudley Hulbert, van die TygerRunner winkel, vanoggend vroeg oorlede is by sy huis, nadat hy die laaste aantal maande dapper geveg het teen longkanker.

Ek vra dat julle asseblief sal dink aan sy familie en spesifiek sal bid vir sy gesin (Dudley was ongetroud en het by sy sister Carol en haar man gebly in Parklands).

Dudley het sy hart weer onlangs vir die Here gegee en ons weet dat ons ou goeie hardlopersvriend nou op ‘n baie beter plek is sonder pyn en lyding.

Thanks vir al jou hardloop-raad Dudley. Ons sal jou kundigheid en geduld verseker mis

Tot weersiens ...

Hilton Murray