DRINGENDE BRAAI-uitnodiging OP BAIE KORT KENNISGEWING!

Hiermee word al julle BAKgat! Buddies (lede, wannabee lede, julle se kinners, kleinkinners en ander belangstellende hollers uitnodiging na die BAKgat! Lente-braai op Donderdag 1 September 2011 vanaf 18:00 (of effens later as jy nog moet werk), direk na of selfs tydens die gebruiklike weeklikse tydtoets - Kom wys ons sommer hoe stadig of vinnig jy die tydtoets kan hol ook as jy SOU WOU…ek DARE jou!!!

GOEIE NUUS: Bennie Stander van TygerRunner gaan probeer reël dat ‘n rep van of Nike of Saucony Donderdag bietjie kom gesels oor hardloopskoene en miskien daar by die klub tekkies gaan uitstal vir die ouens om na te kyk. (Hy was nog nie vanoggend suksesvol gewees om die reps op te spoor op so kort kennisgewing nie, maar het belowe om te sorg dat of die reps en/of hyself daar sal wees Donderdagaand.) Ons nooi sommer julle ouens uit om hulle gebruikte tekkies (los die nuwes by die huis – jy kan later Brêk!) saam te bring klubhuis toe, dan kan Bennie en/of die rep jou skewE? aftrap dalk sommer evalueer en aanbevelings doen oor gepaste skoene, beserings, nuttige raad ens. as hulle sou belangstel…en dis mos gratis jong!

VOORSPOEDIGE NUUS: Ons beplan om ook vir Oom Tienie voorspoed toe te wens met sy beplande Kaapstad Marathon binnekort op die jeugdige ouderdom van 80jaar, by hierdie braai! Vir julle ouens wat nie weet - Oom Tienie is mos ons klub se oudste lid (vanaf 1953 as ek reg onthou?!!!). Oom Tienie kan baie staaltjies vertel oor die ou dae…kom gesels en luister gerus saam! Dalk wil jy hom ook vergesel saam ons tydens sy wedloop – kom voeg jou naam gerus by…groot opwinding wag!

VERRASSING - KAROO 80km BAKgat! Passassiers: Sommer die ouens wat aan die Karoo 80km op Laingsburg gaan deelneem ook nooi vir ‘n moontlike pre-run-verrassingspakkie van die BAKgat!bus se kant af … dis nou as julle bereid sou wees om 10-40something in die bus te hol en wil help om die spanprys te herwen…ons het regtig GROOT PLANNE! Kom luister gerus en maak saam nog planne…ons moet weer wen!!!
WAT JY MOET DOEN: Al wat jy moet bring is jou braaivleisie, uitheemse drankies en eetgerei. Normale te drinke sal weer te koop wees soos gewoonlik. Ons sal sorg vir broodrolletjies en slaai. Laat my asb weet voor Woensdag 31 Augustus 2011 as jy gaan bywoon en hoeveel julle gaan wees. (Hilton Murray) My email adres is 0784190565@mtnloaded.co.za of sel 083-8956 054.

Sien julle by die BAKgat!bus se stadigste tydtoets OOIT of net daarna as jy nog moet werk, ma-moedit-ie-missie!

Miskien sommer vir die ouens vra om te laat weet of hulle die Lentebraai gaan bywoon, dan kan ons beter reel as ons getalle ook het? RSVP - Hulle kan sommer vir my kontak by 083-8956054 of email by 0784190565@mtnloaded.co.za miskien voor einde Dinsdag 30Aug11. Ek is bereid om die jobbie te doen.

- Hilton Murray

Ns. Die afgelope paar maande (April - Julie) se atleet van die maand gaan ook hul pryse by die braai ontvang.