Volle name: Hilton Murray
Ouderdomsgroep: Veteraan mans
Aantal jare by klub: 3 jaar, 12 jaar terug, en weer 3 jaar tot nou … raak weer tyd vir trek! (Terloops ons het 24 keer verhuis in 18 jaar voor ons nou aan die Kaap vasgeplak het!)
Hoe lank hardloop jy al: Vanaf net na my eerste groot pak slae as 24 maande oue peuter en ek agtergekom het ek is vinniger as my ma met ‘n lat. Laaste 18 jaar hardloop ek nog steeds vir dieselfde rede, maar omdat ek hierdie keer vinniger as my mooi-kwaai vroutjie wil en moet bly!
Kilometers per week (tans): So 60-70 km as ek net draf saam Lizet en haar bui is goed, maar meer as 90 km aan weghol as haar woedebuie erg raak! (Toevallig altyd rondom Oceans- en Comrades-tyd)
Gunsteling wedloop: Vredendal se 12 uur ORAK Baan-uithou wedloop wat ek gewen het in Julie 2011 - in "'n nuwe nasionale rekord-afstand", soos onse afgunstige BAK-Voorsitter Pieter Carstens dit graag stel!
Gunstelinge hardloopskoene: Nike vir die laaste 29,5 jaar, tot en met die Comrades 2011 Expo, toe ek mos holderstebolder verlief raak op ‘n paar kanarie-geelsool Reebok Zigtechs nommer UK13’s en dit dadelik koop omdat dit pas en net omdat Bennie Stander van TygerRunner dit nie aanhou nie en ek vreeslik graag sy alie wil krap – metafories gestel natuurlik! Selfs onse afgunstige BAK-Voorsitter het al per geleentheid vermeld, in absolute konfidensialiteit natuurlik, dat hy dit nogals persoonlik oorweeg om ‘n paar aan te skaf.
Doelwitte vir 2011 (enige iets): Vinnige tyd vir Hewat Cape Town 100 Miler op 1 Oktober, net om die hoogmoedige uitverkorenes, wat met hulle Malema-contacts jaar na jaar plek kry in een of ander Huffer Puffer race, ‘n ding of 2 te wys … Frik, julle "mys-sonde"!
Ander belangstellings: (As my vrou dit toelaat): Karre, motorfietse en enige motorsport op TV of langs die renbane. (As sy dit nie toelaat nie): Enige van my vrou se gekose belangstellings vir my …
Gunsteling musiek: Hou van enige rock of blues, maar is veral mal oor enige alternatiewe Afrikaanse musiek soos Afrikaanse rock (Johannes Kerkorrel, Jan Blohm en Karin Zoid) en Afrikaanse Blues (Valiant Swart) en al Koos Kombuis se musiek, MAAR ek haat Afrikaanse doef-doef dansmaakmysiek, seker maar omdat ek nie kan dans nie!
Laaste fliek gesien: Fliek min, koop eerder DVD’s met die fliekgeld van akteurs soos Johnny Depp, Dustin Hoffman en Meryl Streep wat briljante akteurs is. Ag en ek gee ook nie om om na ENIGE fliek van lyflike Cameron Diaz te kyk nie. Sy het sulke mooi … blonde hare en blou oë … soos ek altyd kopskuddend aan my liewe vroutjie verduidelik in alle eerlikheid.
Laaste boek gelees: TopGear, CAR, SA Bike, SuperBike ens. (daar lê seker minstens 8 motorverwante tydskrifte op my bedkassie en hulle is almal die nuutste maand se uitgawes – al my rookgeld gaan in motortydskrifte – dis in elk geval gesonder … oortuig ek altyd my ongelukkige vroutjie oor die toring van Kar-Babel langs my bed.)
Ek eet graag: Steak en tjops vir proteïen en hoender en vis vir groente. Die duiwe, eekhorings en skilpaaie in ons erf se omgewing is ook altyd vreeslik dik en trombosaal, ek vermoed dis van al my weggooi groente en slaai, maar ons praat nie uit nie, netnou is die SPCA of Cape Nature op my!
Ek drink graag: Rooiwyn (Shiraz), 1 en ‘n halwe glasies per geleentheid as Lizet by is, maar verkies graag heelwat meer … bier (drafts) as sy nie is nie …
Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Ek is met Lizet getroud, wat se vrye tyd? Maar VMT (VoorMY Troue) baie lief vir enige iets in die buitelug soos motorfiets- en fietsry en julle sal nie glo nie, mal oor karwas, maar net my eie … was jou eie kar Jannie en Quintus, sien deur julle plan!
Wat weet bitter min mense van jou: Die geheim moet seker nou uit - Ek is van geboorte af LESBIES - Mal oor vrouens - bewonder graag mooi boudjies veral Cameron Diaz en natuurlik Lizet s’n … Oë en haarkleur is minder belangrik … eintlik!