Karoo 80km ALL-DAY Fun Run - 10 September 2010

Julle BAKgat! Bus passasiers het seker gedink die BUS se wiele is nog pap na ‘n katastrofiese Comrades … Aikona pappie (en mammies), dink weer!

NOU - Na Comrades is daar nuwe tyres opgesit en is selfs die aantal STAANplekke op die bus vermeerder, aangesien daar blykbaar te veel SITplek tydens Comrades was en almal te LUI!gat was om te staan en klaarmaak saam met die BAKgat!bus. Die LANG!gat drywer bloos nou nog vir die Comrades toeskouers se gelag oor die EMPTY!bus … Maar ons is nou klaar met die LAM!gat bus … dis hopelik history!

Die Bellville Atletiekklub het ‘n reputasie van nie “Laing”, maar staan en hopelik heelwat meer lag en hol, veral op LAINGsburg. Ons moet die spangees trofee weer verower in 2011 - KOMAAN!

Ons beplan vet pret en hier verwys ons nie net na die heerlike vet karoo-skaap wat vir al die atlete gebraai word by die prysuitdeling nie. Om dit te bewys heg ons ook sommer laas jaar se BAK!gat flash foto aan vir ‘n voorsmakie hoe ons die Moordenaars-Karoo getem het in 2010 en weer wil tem in 2011!


Lyk dit nie na ONGELOOFLIKE pret nie. Ons was eintlik 11 passasiers verlede jaar op die BAK!gat bus, maar 2 fotograwe was nodig om die foto te neem – beide vermoedelik blond natuurlik. Selfs die sedige Frik, die girl met die snaakse pink ore, en die twee skaam seuns regs op die foto het ook onderneem om hierdie jaar te flash vir ‘n foto. Kom aanskou dit gerus my buddies!

Kom asseblief saam die jaar, maar wees gewaarsku…jy moet eerder jou maagspiere (en tan asseblief!) oefen as jou bene, want HKGK (Hier Kom Groot Kraai)!

As jy dalk te lank gerus het na Comrades of sommer net plain bang is vir 80 km in die Moodenaars-Karoo. Ons het alternatiewe ook: 21,1 km of selfs net ‘n 10km op dieselfde dag en plek! Daar is reeds ‘n hele paar BAK-buddies wat aangedui het dat hulle die 21 km gaan hardloop. Klink na ‘n maklike manier om ook van die karoo-skaap te kan eet by die prysuitdeling se braai!

Sien julle om 06:00 op 10 September 2011 op Laingsburg, net 2 en ‘n half uur se ry van Bellville af – Moet-gewissie-missie, want Brackenfell wil ook blykbaar graag daai spanbeker verower in 2011 – en daar is net 1 trofee en 1 BAKgat! Span … en ‘n geduldige rustige 10:40 something BAKgat!bus met nuwe tyres en SLEGS staanplek!

Groete,

Julle gespanne BAK!gat bus-drywer (kyk uit vir die helderste oranjeste tekkie-sole op ‘n busdrywer OOIT … en die bekende BAK!gat banner natuurlik!)
- Hilton Murray