Hierdie maand vind die jaarlikse Neil Joubert Plaaswedloop plaas. Dit word aangebied deur die Sanlam Klub. Dit is een van die gewildste plaaslike wedlope en tradisioneel ons jaarlikse "Skilpad Run". Dit is wanneer die Bellville lede in 'n groep saam by die agterent van die wedloop draf / stap. Die afsnytyd vir die 13 km wedloop is 1 uur 40 minute. Ons het dus net minder as 8 minute per kilometer. En neem kennis dat dit nie 'n maklike roete is nie.
Die Neil Joubert Plaaswedloop is meer as 'n wedloop, dit is 'n ervaring soos min. 'n "Boereparty" soos net die Bolanders kan. Na afloop van die wedloop is daar 'n Live band met kosstalletjies, 'n biertuin en natuurlik Neil Joubert wyne.
Bring jou hele gesin. Let asseblief daarop dat jy 15 jaar oud moet wees om deel te neem en indien jy jonger as 18 is moet jy toestemming van 'n ouer of voogd hĂȘ. Bring ook 'n handdoek. Baie mense hou daarvan om in die swembad te spring nadat hulle die eindstreep oorgesteek het.
Die wedloop vind plaas op Woensdag, 30 November om 18h15 op Klein Simonsvlei - Huis van Neil Joubert Wyne.
Jy neem die N1 vanaf Bellville in die rigting van die Paarl en neem afrit 47 (Wellington / Klapmuts / Franschhoek). Draai regs in die rigting van Stellenbosch op die R44. Ry reguit oor die vierrigtingstopstraat en draai links op die R45 (Franschhoek / Simondium). 4,5 km verder is die afdraai na Klein Simonsvlei aan die regterkant. Laat genoeg tyd toe om daar te kom. Dit neem 'n tydjie as gevolg van spitstyd op die N1 en die verkeer op die plaaspad.
Ons kom bymekaar aan die agterkant van die groep by die wegspring.