Wine Trial & Braai 2011 - Tydtoets afsluiting

Donderdag 8 Desember is die jaar se laaste tydtoets.

Dan sluit ons die jaar se tydtoetse amptelik af met 'n Bring-en-Braai en 'n tydtoets met 'n ompad. Soos altyd spring die tydtoets om 18h00 weg, maar nadat jy om die Pansegrouw-parkie gehardloop het is daar een van twee keuses: 1) Voltooi die tydtoets soos gewoonlik, jou tyd sal geneem word, OF 2) hardloop die alternatiewe roete terug saam met die groep.

Die alternatiewe roete sluit (lid Vera da Silva se) Gringo's in waar elkeen EEN gratis drankie / koeldrank geniet voor ons terugkeer klubhuis toe.

Die Bring-en-Braai is na afloop van die tydtoets. Die klub voorsien die hout en roosters. Daar sal ook bier te koop wees.

2012 se eerste tydtoets is op 12 Januarie.