Orak 2012

(An English summary follows this letter from the Orak World Record Holder, Hilton Murray. We encourage ALL Bellville Club members to join us for Orak 2012 for an onslaught on the team trophies.)

Please note: We will be starting a beginners group in May. More info will follow in our newsletter.


MY UITNODIGING EN UITDAGING AAN JOU BAKgat! klublid: Ons moet hierdie spanpryse hierdie jaar wen –KOMAAN!

DIE ORAK 12-UUR WEDLOOP IN KORT:

Dis plat.
Dis op gras
Elke kilometer het jy ‘n waterpunt
en selfs elke 500m ‘n toilet ook!
Daar is Coke, water, sweets, chips, koekies, vrugte ens. – TE VEEL OM OP TE NOEM

O ja … en ‘n 2010 BAK lang gat Comrades voltooier met ‘n sukkel-sukkel 11uur49minute hou tans die rekord afstand vir hierdie wedloop. Nodeloos om te sĂȘ jy kan dus die volgende baanrekord houer ook wees in 2012 as jy effens minder sukkel as die uwe lange lel!

Ek, Hilton Murray, my beskeie self, in my hoedanigheid as baanrekord houer vir die ORAK 12-uur wedloop opgestel in 2011, wat jaarliks gehou word op Vredendal sedert 2010, nooi almal in die klub uit om my en die onbetwiste geheimsinnige Two Oceans Veterane PB Koning (sy naam weerhou weens ongekende beskeie redes, maar kom ons noem hom MR Q) te join hierdie jaar tydens hierdie unieke wedloop, ‘n maand na Comrades, op 7 Julie 2012.

Inskrywings kan nog wag tot selfs na Comrades en selfs die aand voor die begin van die wedloop sal inskrywings nog hanteer kan word, maar daar is beperkte verblyf in die koshuis beskikbaar. So as jy belangstel moet jy asb vir my jou naam en kontakbesonderhede email na 0784190565@mtnloaded.co.za sodat ek vir ons verblyf kan boek as Bellville BAKgat groep in die koshuis op Vredendal. Die verblyf is slegs R100 per persoon per nag. Die sluitingsdatum vir ons groepsverblyf is 2 Mei 2012, weens beperkte spasie in die koshuis. Ek het vanmiddag met wedloop organiseerder Gerrie gesels.

Hier volg die wedloop organiseerder se email aan my:

Hier is die belangrikste inligting rakende die wedloop. Die inskrywingsvorm met die finale inligting sal uitgestuur word sodra ons terugvoering van al die borge ontvang het.

Datum: 7 Julie 2012
Plek: Vredendal Sportgronde
Tyd: 06H00 tot 18H00
Inskrywingsgeld: R150
Afstande: 30km = brons, 60km = silwer, 80+km = goud

Prysgeld vir die wenners van die mans en damesafdeling, spanprys vir die klub met die meeste deelnemers, spanprys vir die span met die meeste kilo's vir die dag.

Die wedloop word op gras gehardloop om 'n baan van 1km lank. Atlete se rondtes word by 1 kontrolepunt getel en elke atleet se vordering word uurliks aangedui. Een waterpunt op roete met koeldrank, water, vrugte, broodjies, chips, rosyne, ens. Musiek word deurlopend verskaf. Gedurende die oggend bied die jukskeiklub 'n sosiale kompetisie aan en die namiddag word daar ook rugbywedstryde gespeel (alles om die atlete van vermaak te verskaf) Daar word ook koffie, sop, pannekoek, ens te koop aangebied.

Tydens die prysuitdeling ontvang elke deelnemer 'n glas as aandenking, sy/haar medalje, 'n gelukkige prys, en 'n aansitete. Permanente nommers word na 5 wedlope gegee. Indien 'n deelnemer die wedloop 3 keer wen, kwalifiseer hy/sy ook vir 'n permanente nommer.

Gedurende die dag word foto's geneem. Al die foto's word op 'n DVD geplaas en aan die deelnemers gestuur.

Verblyf is in die koshuis beskikbaar @ R100 pp per nag. Sluit nie ontbyt in nie.



ENGLISH

The Orak is a well known Endurance race over 12 hours on a 1 km grass course.

YOU DO NOT HAVE TO RUN FOR 12 HOURS!

You can run any distance in any time – not exceeding 12 hours. Medals are awarded to anyone that reach the 30 km mark at least. This makes it the perfect opportunity if you want to upgrade from a half marathon. Bronze for 30 km – 59 km, silver for 60 km – 79 km and gold for everyone running more than 80 km. There is more than ample sustenance available during the race.

There is different activities surrounding the race throughout the day and they play music to run to (so they say). Or you can run a few km’s and then sit back and bear witness to immense human suffering of the few who breach the 100 km mark.

The race takes place in Vredendal on July 7, 2012. You are responsible for your own transport. Entry fee is R150. This includes: Medal (for everyone reaching the 30 k mark), a commemorative glass, dinner and a spot prize. Entries will be available on the Friday evening, BUT accommodation is in short supply.

There is budget accommodation available in a hostel at R100 per person per night (not including breakfast). Our Orak organiser (and record holder), Hilton, will make a group booking for the club. Bookings for accommodation close on MAY 2.

If you want to join the BAKgat group and help us win the team trophy please inform Hilton at 0784190565@mtnloaded.co.za