Andre Mariano

Volle name: Andre Michael Mariano

Ouderdomsgroep: Senior (Vir nog 2 maande)

Beroep: Departementshoof by Old Mutual Finance

Aantal jare by klub: Twee en ‘n half jaar

Hoe lank hardloop jy al: Aan en af vir 25 jaar (Meer af as aan)

Kilometers per week (tans): +-90km

Gunsteling wedloop: Two Oceans Ultra (As dit nie reën nie) en Kersie Berg Wedloop in Ficksburg.

Gunstelinge hardloopskoene: Asics

Doelwitte vir 2012 (enige iets): Om ‘n goeie Comrades te doen (Sub10h30) en om ‘n positiewe impak te maak as voorsitter by die klub.

Ander belangstellings: Speel graag gholf as ek die tyd kry, wat min is tussen die oefening en die kinders.

Gunsteling musiek: Hou van die ouer groepe soos Bon Jovi, U2 en UB40

Laaste fliek gesien: Baie goeie vraag, glad nie ‘n fliek persoon nie.

Laaste boek gelees: Lees graag leierskap en motiverende boeke maar het sopas Bruce Fordyce se Comrades boek klaar gelees.

Ek eet graag: STEAK, ek is ‘n Vrystaat seun; en pizza.

Ek drink graag: ‘n Koue bier, goeie rooiwyn en baie Coke Zero

Wat doen jy met jou vrye tyd as jy nie hardloop nie: Deesdae is vrye tyd maar min, maar probeer maar tyd saam my gesin spandeer.

Wat weet bitter min mense van jou: Ek is ‘n vurige Leeu-ondersteuner, wat maar moeilik is meeste van die tyd maar dit sal my span bly.