

‘n Terugblikkie na 2011: Op die foto links bo oorhandig die onselfsugtige Wietsche sy 2011 Laingsburg 80km-medalje aan ons BAKgat! Bus se persoonlike ondersteunende SAPS patrollie voertuig van die afgelope twee jaar, vir die SAPS se onverskrokke beskerming teen die ongediertes van die Moordenaars Karoo en nog belangriker, die noodhulp vloeistof, verskaf tydens ‘n hitte-situasie in 2010, en toe snaaksgenoeg ‘n koue situasie in 2011 … baie baie dankie aan ons manne in BLOU!
Foto regs natuurlik ons een van drie 2011 Laingsburg trofeë gewen en natuurlik ons eie goedhartige vader Q se onsuksesvolle poging om ‘n junior trofee aan te neem!
As jy dalk te lank gerus het na Comrades, weens al die reën en koue, of sommer net plain bang is vir 80km in die Moodenaars-Karoo. Ons het alternatiewe: half marathon of ‘n 10km op dieselfde dag en plek!


Nog ‘n terugblik na 2011: Die 21km BAKgat! bus, sittend en aankomend. ‘N GROOT VERRASSING VIR 2012 - Ons eie Casanova, Bennie Stander van TygerRunner, het die foto links net een kyk gegee en onmiddellik onbaatsugtig aangebied om die 2012 BANGgat! bus te bestuur hierdie jaar. So ‘n jakkals!
Sien julle om 06:00 op 8 September 2011 op Laingsburg, net 2 en ‘n half uur se ry van Bellville af!
Groete,
- Hilton, julle rustige 10:40something polisie begeleide BAK!gat bus-drywer en sy nog rustiger 21km side kick, "Cas"
(Kyk uit vir die bekende BAK!gat banner en "Cas" se BANGgat! banner natuurlik!)
PS Inligting oor inskrywings en verblyf.