Die BAKgat Busse se wiele is gepomp vir Laingsburg op 8 September 2012.
Ons is reeds 23 BAK lede wat in Laingsburg verblyf gereël het en dus definitief Laingsburg toe gaan. Dan is daar nog wat laat slaap ook soos gewoonlik wat ook sal gaan! Ons praat van reuse BAKgat Busse mense wat gaan hol ... MEESTE OOIT! En dis sonder gades en kinders wat net gaan sit en pyn op die koue beton paviljoen!
Ek het gehoor julle ouens sukkel om vooraf in te skryf vir die Laingsburg wedlope. Aangeheg is die inskrywingsvorms vir die 80 km en half marathon of 10km wedlope.
DIE PRE-ENTRIES WERK WEER OUTYDS (INTERNET WERK NIE - ONTHOU DIS DIE KAROO!) - SOOS VERLEDE JAAR.
Maak betaling in bankrekening (Jou naam, BellvilleAK en klubnommer is jou verwysing op deposito/EFT) Vul jou inskrywingsvorm met die hand in, teken en SCAN / FAKS na Petro Buys by 023-5511019 (net kantoorure!) of Email: petrob1@lgnet.org.za. saam met jou deposito strokie/bewys.
Hier is die bankrekening besonderhede (dis OOK NIE op die inskrywingsvorms nie!):
Bank: ABSA
Rekening Naam: Laingsburg Munisipaliteit
Rekening nommer: 2540140874
Takkode: 334508
Jy kan laat inskryf Vrydagaand tussen 18:00 en 22:00 by Huis Karoo (Koshuis in hoofstraat, langs NG kerk), maar dan gaan jy in lang ''chaotic'' bondel-rye staan en nie 'n T-shirt kry. Wees gewaarsku!
Ek ruik trofeë by dosyne! Wie het pakplek vir al die trofeë?
Sien julle daar in die MOORDENAARS KAROO!
Eintlik is dit regtig flippen Nice as jy eers ingeskryf is!
- Hilton Murray
PS Wietsche sukkel met 'n knie-besering en dit wil lyk of hy ongelukkig nie gaan deelneem op Laingsburg hierdie jaar nie. Hy het dus slaapplekke beskikbaar in die LUUKSE Laings Lodge B&B teen 'n baie bekostigbare prys, vir iemand wat wil gaan maar nog nie geboek het vir verblyf nie.
80 km Ultra entry form (format .xls)
Half Marathon & 10 km entry form (format .xls)