Poer-Poer bus

(The author, Hilton ‘Langman’ Murray, is originally from the Vrystaat where young men only ever come into contact with English by means of very dubious magazines – and they only look at the pictures. A short summary of what he wants from us is at the end of this document.)

Hi daar Bakgat! se poer-poer (vr)ouens
Die Laingsburg BAKgat-busse van die afgelope naweek (80 km en 21,1 km) is terug in CY. Vir 'n derde jaar met die trofeë gewen vir Klub met Meeste Inskrywings en Beste Spangees. So wie sê ons POER-POER CY busse is nie BAKgat nie!

Dankie aan almal wat saam gelag en gebly het op Laingsburg. Weereens was dit een groot geëet en gekuier in die Karoo. Daar is selfs bietjie gehol en soms baie gewag vir die Puffers – as gevolg van mense wat hulle drankies meng, maar dis ‘n ander mondvol-storie en ons slinger nie sommer name rond in die klub nie. Wat in Laingsburg gebeur, bly in Laingsburg!

MAAR NOU: Ek besef daar is baie ander lede in ons BAKgat-klub wat graag wil saam hol in die CY POER-POER bus. Julle wat nie die Laingsburg trippie kon meemaak nie - weens beserings, studies, hoë petrolpryse of miskien sommer net ‘n tydelike breinfloute. Vir die wat spyt is dat hulle dit gemis het, is daar nou 'n plaaslike BAKgat REGSTELLINGSGELEENTHEID!

Merk die datum: Sondag 14 Oktober 2012 - Die GUN RUN Half Marathon

Ons gaan die CY Poer-Poer BAKgat-bus weer aan die brand skop en dié keer maak ek, Langman, alias ‘Newton’s slower Hill-ton’ seker dat Bennie, alias ‘Cas – Newton’s bad apple’ nie weer die pas laat aanjaag deur die fikses nie (skaam julle Adele & kie en sorry Linda vir jou goeie tyd). Ons beplan regtig ‘n POER-POER TOER van net onder die afsnytyd van drie ure. Daar is elk geval heeltemal te veel scenery om in te neem in Groenpunt se omgewing om die roete sommer net so af te jaag – HOOR JY CAS!

MAAR NOU: Daar is reeds meer as 4 000 atlete ingeskryf vir hierdie huge event en die amptelike afsnydatum is Vrydag 28 September 2012 vir inskrywings. So jy sal jou LAMgat moet roer broer en suster. Ek het regtig klaar stories gehoor dat die organiseerders dalk getalle vir die GUN RUN ook gaan beperk, selfs nog voor die afsnydatum. SO ROER JULLE anders mis julle weer uit!

As jy meer inligting soek oor die CY POER-POER BAKgat-BUS, kontak Langman of Cas vir meer inligting. Ons gaan die BAK-gazebo ook daar hê en dalk sommer ‘n tjoppie tan en mondvol-drinkmixing verder vervolmaak met Louise en Frik en Pieter en Andre en Quintus se hulp (maar ek wil nie name noem nie), natuurlik as die weer en GUN RUN beamptes dit toelaat!

SO MY MAATJIES moenie LAMgat wees nie. Hierdie GUN RUN BAKgat-bus van ons gaan HUGE wees en geweldig stadig POER-POER en oor drie jaar wil ons ook hier ‘n standaard instelling wees met ons CY Bellville BAKgat-Bus, wat spesiaal deur die verkeerspolisie begelei moet word, anders constitute dit ‘n onwettige optog – NET SOOS IN LAINGSBURG NOU DIE GEVAL IS.

Sien julle POER-POERDERS later. Ek pomp solank BAKgat-buswiele en draai spietkop-arms!

- Hilton Murray

(As the club’s official bus driver, Hilton, and his sidekick Cas, want us to join them for the biggest Bellville bus ever at the back of this year’s Gun Run on October 14. The bus will complete the half marathon in just under 3 hours. He warns us that entries close on September 28, BUT that the demand is such that organisers may close it before then. Then he rambles on about the virtues of growing maize and meditating in a well, but you don’t need to know that. The Bellville AC would like to encourage all members to make use of this one opportunity to join the BAKgat Poer-Poer Bus with your hosts messieurs Langman & Cas.)