Danksy die klub se bydraes kon ons amper 30 paar skoene asook verskeie sporthemde skenk aan die Laingsburg Atletiekklub.
Tydens die pre-Laingsburg Gholftoer is die skoene en klere tydens 'n spesiale geleentheid oorhandig. Daar was 15 lede van die Laingsburg klub teenwoordig. Die klub het hoofsaaklik juniors en het enige bydraes broodnodig.
Die Bellville Atletiekklub het ook 'n spesiale wisseltrofee geskenk wat jaarliks die beste prestasie in die Laingsburg klub sal beloon. Vanjaar se wenner was die 17-jarige Fredvinne Scheepers. Fredvinne ontvang dit vir sy 1:29:00 in die Vlakte Half Marathon.
Die Saterdagoggend het 'n paar Bellville en Laingsburg atlete saam die koue trotseer en 'n 10 km langs die Buffelsrivier op die Moordenaarskaroo-pad aangedurf. Dit was voor die dag se gholf 'n aanvang geneem het. Die gholf was 'n ander (minder suksesvolle) storie. Dit wil voorkom asof iemand die Kaap se wind ingepak het en die gholf is ontwrig deur stormsterk winde.