GunRun Dankie



Al my Poer-Poer GunRun 2012 klaargemaakte buddies,

Ja ek bewe nou nog!

Eerstens van die HELSE SLAG toe die kanonskoot die GunRun laat wegspring met 'n minder subtiele donder. Tweedens toe Liewe Linda my roskam omdat ons 2:55 moes hol en nie 2:49 soos ons klaar gemaak het nie. Die te-vinnig-gedeelte was 17 sekondes per kilometer. Maar dis OK, ek het my voorskrif senutablette later vanmiddag geneem (doktersvoorskrif x 5), my broek nat gepiepie van ontspan vir die eerste keer vandag en ek behoort binne enkele weke weer myselfdes te wees.

Aan ons 14 BAKgat! klublede wat saam klaar gemaak het: GELUK BUDS!

Aan ons aanvallige amper nuwe lid Sonja van Sanlam, Louise se maatjie, welgedaan en sluit gerus aan by ons! En aan die ander twee dames van vreemde klubs wat saam ons gehol het van die begin tot einde, geluk maar sorry, julle hemde mag nie helderder as my ROOI Newtons wees nie – ek verdra nie helder kompetisie op die Bus nie!

Dankie aan Philip vir die aandra en oppas van die Coolerbox wat ge-stack was met voggies en sy hulp met die gazebo. Dankie aan Voor-trekker Andre vir sy hulp met die gazebo se op en afslaan ('n Reuse taak deur ‘n nie-reuse-rugby-kenner). Dankie aan Jannie met sy valse grynslag as hy suigstokkies uitdeel aan die arme marshals – my senuwees begin sommer weer oor daai gesig. Lizet, Louise, Liezel en Adele vir die uitdeel van die ander 300 lekkers aan die marshals – welgedaan, dit was ‘n sweet race!

LAASTENS MAAR NIE DIE HEEL LAASTE NIE - ALLERMINS: Linda wat ons geroskam het, omdat ons te vinnig hol - van voor uit die amper POER-MOErus Bus!

Sien julle op die Winelands Marathon as ons Louise haar eerste voorsmakie gee van wat regte atlete doen as hulle kwalifiseer vir Oceans en Wietse se groot funrun – Komrits.

Klaar vir Andre (maar-ek-raai-nou), Dick (nie-Tracey) , Elnastien (lekker-koekies), Louise (nie-kock), Adele, Lizet (Oshkosh), Liezel (seervoetjies), DIE UWE en Linda in die 5 uur Marathon BUS. Wie kom nog saam?

Groete,
Langman Murray