Van die BAKgat-busdrywer:

Hi Daar BAKgat Bellville Buds,

Net 'n kort email van die Bakga- busdrywer so op die eindpunt van nog ‘n jaar in sy Peking in ...

Dankie aan almal wat so saam gehol, gehyg en soms geswyg het hierdie jaar op die bus.

Ons was soms te vinnig ... vir Wietse, sy te min kilo’s geoefen en sy seer vet knieg.

Soms te stadig vir amper-30-keer-Comrades-verstapper Francois Killerman op die Wynland … veral op die laaste 6km toe hy ons so verby hol en op die horison verdwyn.

Soms te vinnig vir Linda terwyl sy van voor uit die bus kla - op die Karoo en wrintiewaar weer op die GunRun.

Soms te terughoudend, dis nou vir vetknieg-Wietse se oudste, Louise, op haar maiden marathon.

Soms te raserig vir die Sot(irios) om in te hol ... so erg dat hy verkas het na Houtbaai of is dit Wood Bay Cafe in Greek.

Te gesond om te hol, daarom val ek eerder deur my gat en deur my eie dak as om 100km saam te moet hol Nola Loop-en-vreeslik-geval Wessels.

Te grênd om in te hol Frik Taaimtraail Veteraan … met die Karoo80, met die Festival of Running 100 en sommer net omlat hy kan die busdrywer met 37 sekondes gelos het op Comrades, daai keer darem voor die busbestuurder ... soortvan!

Te dik om te hol die fietsry koning, Janneman Engelbrecht, wat Comrades (net om ons bus te spaait) met 5 minute te laat klaar maak omlat hy op die pad wou rus vir 20, 30, 40 minute (wie weet?) of dalk selfs langer … O ja dit was laas jaar skies! Maar dis nog nie van my hart af nie en moet nou maar uit.

Te sexy vir sy skoene … ons eie womanizer, of in amptelike professionele terme, vroue kuite kenner Bennie …

Laastens maar nie die minste nie die Voorsitter Andre en sy Visie-Raadgewer Pieter OK-erig Carstens en weereens grênd Frik, wat botweg geweier het om saam in rooi Speedo’s te hol ten bate van REDHOT-or-maybe-not testikulêre kanker-wedloop.

Aan almal op die bus in 2012, wag tot julle die nuwe, vinniger, grênderder, stiller, dalk stadiger, slanker en langer BAKgat-bus sien in 2013. Ons het ‘n paar paartie-trieks in die mou ...

Inoefening vir die paartietrieks begin Donderdag middag/aand by die tydtoets na Gringo’s en die KLAP – Moet DONDERDAG GEWIS NIE MIS NIE. Gaan groot gekuier wees, niks nuuts, niks vinnig, niks grends, niks slank , maar beslis baie slank!

Sien julle by die BRING EN BRAAI Donderdag 13 Desember 2012 om 18:00 (vroeg asb Frik) – ONS KUIER DIE JAAR SOMMER VROEG VROEG NA MAAI – HOELYKIT BAKgaaie!

Groete,

LANGMAN Murray