A Free Session with Zola Budd

Hi daar al my Noordelike Voorstede mede BAKgat! Buddies en voornemende hardloop buddies,

Busdrywer Langman Murray (alias Newton’s slower Hilton!) en Bennie (alias Newton’s clever technical tekkie!) Stander nooi al ons Noordelike voorstede hardlopers (en sommer alle nuwe en ou voornemende hardlopers ook!) graag uit na Zola Budd se hardloop-kliniek wat op Dinsdag 22 Januarie 2013 om 18:00 gaan plaasvind by Tygerberg Atletiekklub se klubhuis by die Tygerberg Sportgronde in Parow.

Kom kyk, vergaap, luister, vra en leer gerus wat sê onse ZOLA BUDD byna kaalvuis (of eerder amper kaalvoet!) oor die nuwe werêldwye gier van minimalistiese hardloopskoene, NATURAL RUNNING, goeie RUNNER BODY POSTURE en KORREKTE WARM UPS voor en na wedlope. Dit gaan nie net by gesels bly nie – ons gaan haar teorie ook bietjie in praktyk prakties toepas na die geselsie indien die weer, spasie en getalle dit toelaat!

BESTE VAN ALLES - ZOLA SE KLINIEK IS HEELTEMAL GRATIS EN VERNIET – NEWTON RUNNING SHOES borg alles! Dis mos nou hardloop gemeenskapsbetrokkenheid op (kaal?) voetsoolvlak in praktyk! Geen besprekings vir sitplek benodig nie – daag net op!

Zola beplan ook om Woensdag-aand, 23 Januarie 2013, vir die 2de jaar in ‘n ry, Bellville Atletiekklub se Dan Luyt 10km te kom hardloop in Durbanville…hoekom…want dit is mos die Skiereiland se oudste wedloop sê sy kaalvuis…onse ZOLA weet ook alles!

Moet hierdie maksimalistiese geselsie oor minimalistiese skoene en toekomstige minimale beserings gewis nie mis nie – dit sal gewis ‘n maksimale fout wees!

Ek sluit hierdie uitnodiging graag af met Newton se lekker wintie motto "Hello better!"

- Langman en die Tekkie


Translation: Hilton invites all the Bellville AC club members and other runners to a session with Zola Budd. She will share her thoughts on natural running, body posture and warm ups. If weather and number of athletes permit we will try out this new found knowledge.
This is a FREE session, sponsored by Newton Running Shoes.

Tuesday, January 22nd, 18h00
Tygerburg Athletic Club, Jan Burger Sports Grounds, Parow

On the Wednesday Zola will run in our Dan Luyt 15 km. If you have not volunteered to help yet please do so at bellvilleac@gmail.com .