Herfsprag Halfmarathon, De Doorns, 18 Mei


Hi daar al Bellville Atletiekklub se Half Marathon padhardlopers.

Eerskomende naweek, Saterdag 18 Mei 2012 is die Brackenfell PicknPay Family Store Half Marathon, wat  deur ‘n plat en effens eentonige deel van Brackenfell en sy industriĆ«le gebied kronkel…

MAAR TOP BAKgat! TIP VAN DIE WEEK:

AS JY DIE MOOISTE HERFS WINGERD HALF MARATHON IN SA WIL HARDLOOP KYK HIERNA!!!

Op die selfde datum, naamlik Saterdag 18 Mei 2013 om 08:00 is daar ook ‘n Half Marathon wat begin en eindig in De Doorns by die HoĆ«rskool Hexvallei, die 10de Herfsprag Halfmarathon, wat deur die verkleurende lappieskombers wingerde van die Hexrivier Vallei kronkel tussen die pragtige Hexrivier Berge en pragtige herfskleurende wingerde onder in die vallei. Dit is ‘n sirkelroete en ook lekker plat om te hardloop, maar asemrowend om na te kyk terwyl jy die platteland se skoon lug kan inasem en de Doorns se gasvryheid kan beleef.

So die keuse is joune BAKgat! Lid,

Brackenfell se platte of Hex Vallei Herfsprag wedloop in De Doorns

My keuse was maklik - Ek gaan De Doorns toe, wie kom almal saam! Ons heg die inskrywings inligtingsbrosjure aan vir julle – pick your pic!

Laat my weet as jy wil saam kom of inligting soek – Moet hierdie herfs gewis nie mis nie!

Natuurlike hersprag drawwers groete

Langman
Sel: 083 8956 054
Tel: 021-9137767
Email: langman.murray@gmail.com