Sop, brood, wyn en hardloop: wat wil jy nou meer hê

Durbanville Hills wynkelder hou jou die naweek van 1 Junie warm met sop, brood, wyn en 'n draffie in die wingerd.

'n Verskeidenheid soppe en brode word aangebied vir middagete en aandete op 1 Junie en net middagete op 2 Junie.
Die koste beloop R145 per persoon vir die sop en brood buffet.

Om 17h00 op 1 Junie vind die Chase the Sunset Trail Run plaas. Registrasie begin om 16h00 en inskrywings kos R60. Atlete kan kies tussen 'n 5 km roete en 'n 10 km roete.

(via Kookkuns.com)