Uitnodiging: ORAK 12 HOUR RACE Vredendal

Hi daar al my BAGgat buddies,

Dis weer tyd om liters en liters spanprys wyn te gaan wen by ORAK 12 uur uithou op Vredendal op Saterdag 13 Julie 2013 soos vorige jaar. Die klub se verworwe 2012 Namaqua bokse vol dooswyn is bedorwe… ekskuus dis eintlik leeg!

Ek hoor deur die Weskus grape wine daar is blykbaar ‘n Griekse Sot *** en ‘n bleeksiel langbaard IT guru ***gebore in Calitzdorp, wat al maande NET vir die ORAK 12uur uithou oefen. (Name *** is uitgelaat om die arme vrouens en ‘n kind te beskerm). Met geen Comrades kilo’s in 2013 op beide se logboeke nie en boonop geen Prof Tim Noakes broodnodige(sic!) proteine by die Griek te bespeur nie, sien ek maar swarigheid vir die 2 bleeksiele, want ek Langman (historiese 12uur ORAK wereldrekordhouer) en Keith (2013 WP stapkampioen), beide met GROEN Komrits nommers gaan hulle beslis uitdaag en aanvat intern! Ons beplan ook om ekstern die WoefWoef Brakke te gaan uitdaag more-aand. Wie wil nou ‘n weghol oorwinning sommer net op ‘n skinkbord hĂȘ! 

Genoeg intern en ekstern gespog…en intern gebewe deur die 2 bleekes. Wie kom saam!!! Tyd raak min. Jy moet inskryf nie later nie as 8 Julie 2013. Daar is ook verblyf beskikbaar in die Koshuis teen slegs R100 per nag, maar bespreek vroeg want beddens is beperk tot 50! Ons gaan die Vrydag aand 12 Junie verjaarsdag vier saam een vrou se skoonma by die gebruiklike restaurant in die middel van die dorp (almal is saam genooi maar skoonma gaan ongelukkig nie betaal nie!) en Saterdagaand is daar weereens ‘n heerlike braai as deel van die inskrywingsgeld by die prysuitdeling om 18:30 (Alles ter ere aan die val van ‘n VEGAN Griek en sy bebaarde side kick)

Laat weet my as julle saam kom asb, al het jy nog nie ingeskryf nie of dalk het jy al laat weet my in elkgeval. Ek wil graag vir Brackenfel ekstern gaan laat bewe.

O ja en ONTHOU om jou RACETEK chip se nommer deur te gee aan Organiseerder Gerrie van ORAK as jy inskryf. Vredendal raak tegnologies gevorderd hierdie jaar met ontspanne skeidsregters wat nie weer aangeval gaan word omdat hulle die rondtes verkeerd getel het soos in 2012 nie.

ONTHOU: Sien julle daar en laat weet my asb as julle gaan inskryf…maar doen dit self en skryf in voor 8 Julie en onthou jou verblyf wat jy moet reel vir Vrydag en Saterdag aande asseblief komkomkom!!!

BAKgat groetnis
Kaptein Langman en sy Keith-skerige hardloopmaat