9 August 2013 at 08:00 at the Bellville Velodrome
Hi my goedhartige BAKgat vrouens en mans X dressers,
Ek, Langman (nee Langvrou!), amptelike Mans X-dresser BAK Kaptein en Glouda Who?mans BAK Kapteine DARE julle BAKgatte ALMAL uit om ons te join op 9 Augustus 2013 met die Jive Woman’s day Challenge 10km wat by die Bellville Velodrome begin en eindig .
Ons gaan in ‘n BAKgat bus hardloop rondom Renette Bloem, ‘n blinde hardloper en haar gidshond, Wendy, om meer aandag te vestig op die SOUTH AFRICAN GUIDE DOG ASSOCIATION FOR THE BLIND, wat hierdie jaar 60 jaar oud is en geen finansiële ondersteuning van die regering af kry nie. Die Association gaan raffle tickets verkoop vir R20 en jy staan ‘n kans om ‘n paar Newton Hardloopskoene te wen en hulle gaan ook opgestopte hondjies (soft toys!) verkoop vir R30 vir fonds insameling. Koop asseblief ‘n hondjie as jy kan en maak dit op jou hoed vas as jy kom saam hardloop in die bus. Jy kan Hilton by 083 8956 054 of Glouda bel by 083 964 2252 vir meer inligting oor die wedloop of om jou hondjie sommer vooraf te bestel.
Hierby ingesluit is ‘n nice poster van Renette en haar hond Wendy. Ons beplan om vlaggies te maak wat ons in die bus ook kan swaai. Dalk selfs ‘n poster of 10 sal gedruk word vir ‘n behoorlike Optog banner!
Renette gaan voor wegspring omdat sy blind is, so dis ons BAKgatte se kans om redelik voor te gaan staan saam met haar! Sy is bereid om teen die Bus se pas te hardloop, so moenie worry oor die tyd nie. Die enigste rekord wat gebreek gaan word is dat Renette die eerste blinde person sal wees wat die wedloop met ‘n gidshond hardloop!!!
Vooraf inskrywings vir die wedloop het reeds gesluit Sondag 28 Julie 2013, maar daar gaan laat inskrywings beskikbaar wees op die dag van die wedloop. So kom skryf in - SO wie gaan saam???
Die klub se gazebo gaan ook daar wees, so JY-KAN-DITIE-MISSIE!
Hoop ons sien julle daar.
LANGVROU en Glouda