Uitnodiging na Neil Joubert Plaaswedloop Woensdag-aand ter ere van Noël Wessels

Hi Julle BAKgat maters,

Ons Bellville Atletiekklub het die naweek by die jaareindfunksie besluit om die Neil Joubert Wedloop wat mos Woensdag-aand plaasvind ter ere aan Noël Wessels te hardloop. Die wedloop was ook ou Noëla se hoogtepunt van die jaar gewees. Ek weet ons BAK lede woon dit ook altyd by in groot getalle, dus wil ek julle graag uitnooi om die wedloop saam op te dra aan Noël. Elke ou kan self besluit of hy/sy alleen of in ‘n bus wil hardloop. Miskien moet ons nie die busse te groot laat word nie anders blok ons die pad vir die ander atlete met die beperkte spasie tussen die wingerde beskikbaar.

Ek het ook ‘n aantal rubber armbandjies (letter-bracelets) gekoop by China Town en het nog so ‘n klompie oor as julle dalk ook daarvan wil hê om te dra. Laat my net vooraf weet. Dit het R10 elk gekos so dis sommer waarvoor ek dit verkoop. Die idee is om Noel se naam daarop te sit met die letterjies ingesluit in die pakkie en dan te dra tydens die wedloop. Noël se vrou Letitia gaan ook Woensdag-aand daar by die wedloop wees en een van ons klub se dames, Felicia Kellerman, gaan saam met Letitia stap na en van die eerste waterpunt wat mos ‘n wynpunt is. Kom drink dus saam ‘n heildronkie op Noula se lewe daar by die eerste wynpunt saam met Letitia. Dit sal great wees as julle die nuus so sal versprei na al die BAK lede asseblief.

Ons het ook die klublede van Brackenfell (Brakkies) genooi om saam te kom hardloop ter ere van Noël.

Sien julle Woensdag-aand by die Neil Joubert Plaaswedloop. Dit begin 18:15.

Groete
Hilton
Kapt Langman namens Bellville Atletiekklub