Ons onthou: Pieter Brand

Een van ons jare lange lede, Pieter Brand (lid sedert 1988) is op Sondag 11 November oorlede.

Hy het in sy tyd by Bellville Atletiekklub permanente nommers verwerf in o.a. die Two Oceans Ultra (30 medaljes), Comrades, die Voet van Afrika en Winelands.

Pieter het ’n passie gehad vir hardloop – hy en sy goeie vriend Francois Kellerman het gereeld Sondagoggende voor 04h00 weggespring om die roete rondom Tygerberg heuwel te hardloop. Ons sal hom onthou vir sy liefde vir die Bellville klub en sy mense asook sy stil en innemende geaardheid.

Pieter was sedert 1994 werksaam as narkotiseur by verskeie hospitale in die noordelike voorstede.

Ons gedagtes en seënwense gaan uit na Annemarie, Karien, Anrea, Johan en kleinding Emma.

- Pieter Carstens