Dr. Theo Benkenstein
"Dieet is nie effektief om gewig te kontroleer nie. Dit het nooit gewerk nie en sal ook nooit."
Hierdie is die openingsparagraaf in How to lower your fat thermostat, 'n boek wat gebaseer is op die beginsel dat elke persoon 'n gewigkontrolerende meganisme in sy brein het wat werk as termostaat.
Voedsel restriksie kan tydelik gewig laat afneem, maar hierdie kan nooit behou word nie. Meeste vet mense wat gewig verloor sal uiteindelik weer optel. Slegs 3% van diegene op dieet verloor die gewig permanent.
Die rede is omdat liggaamsvet gekontroleer word deur 'n reguleringsmeganisme in die brein. Hierdie sentrum van beheer kies die betrokke hoeveelheid liggaamsvet wat ideaal is en sal baie hard werk om hierdie gewig te beskerm.
Dieet is dus nie die antwoord nie, maar wel oefening, want dit verlaag die gekose punt en maak dit vir die meganisme in die brein moontlik om 'n laer vlak liggaamsvet te aanvaar.
Eetgewoontes moet ook verander word. Lae vetinname, lae inname van verfynde suikers en 'n verhoogde inname van komplekse koolhidrate en water word aanbeveel. Rooivleis en suiwelprodukte moet beperk word. Sorg dat jy elke dag 'n groot ontbyt geniet.
Jou oefening moet aërobies van aard wees en teen 'n aanvaarbare vlak plaasvind. Oefen ten minste een uur lank, drie maal per week. Die tydsduur van jou oefening is meer belangrik as die intensiteit.
Studies het getoon dat sommige mense meer oefening nodig het as ander om hul vettermostaat af te bring. Atlete is bekend daarmee dat oefening liggaamsvet verminder. Een uur oefening elke dag sal die liggaamsvetvlak uiteindelik afbring tot 8 - 10%. Indien die oefening 1½ - 2 uur lank duur sal die vlak verlaag tot 4 - 6%. Hardlopers is gewoonlik hoë koolhidraadeters, wat die vermoë het om liggaamsvet te handhaaf.
Die word vandag algemeen aanvaar dat die brein die liggaamsvetvlak reguleer. Gesonde eetgewoontes en oefening help om die vet te verminder en dat gereelde oefening die sleutel is tot effektiewe en permanente gewigsverlies.
'n Aanvaarbare dieet is ongeveer 12% protein, 58% koolhidrate en 30% vet. Baie dieetkundiges beveel laer vetinname en hoër proteininname aan.
(uit 'n vorige uitgawe van Die Bellville Atleet)